top of page
Search

DIE MOERKOFFIE EXPRESS

  • alwyn65
  • Jun 10
  • 1 min read

Updated: Jun 30


ree

Die Moerkoffie Express vier sy 10de Verjaarsdag volgende jaar aanlyn. Nooit gedag ek sou dit vir 'n jaar kan volhou nie, wat nog te sê vir amper 10 jaar nie. Jy, die luisteraar moet die eer vir my oënskynlike deursettingsvermoë kry. Was dit nie vir al die ondersteuning nie sou ek nooit al by sesuur my eerste moerkoffie kon gooi nie.


Groot dank aan Martin Nel van Coastal Radio waar ek die program kon bou tot in wat dit vandag is. Ook aan diegene wat deur die jare bygedra het. Dit 'n volwaardige ontbyt program gemaak het, Spesiale dank aan Witwarm Wessel wat al vir meer as vier jaar elke Saterdag op sy pos is. Ook SJ Duvenhage wat die Moerlitiek ideë laat posvat het en my gedagtes om die insetsel brandgesteek het. Laasgenoemde se plaasvervanger, die Agbare Marius Coertze, het vanaf dag sy skoene volgestaan en laat elke Saterdag menigte warm onder die kraag met sy skerp politieke komentaar en repliek.


Hou die blog dop vir meer oor die Moerkoffie Express. Kom kuier saam oppi trein. Elke Saterdag omstreeks agtuur is jy op die peron met jou moerkoffie en beskuit, en dan kap ons dit flou tot so 10 uur. Ek bring vir jou blitsnuus, die weer en vele meer wyl ons sit sit so voortstoom, want nes boomklim bly treinry my gunsteling tydverdryf.


As jy wil deël word van die program en 'n storie het om te vertel , stuur n e-pos na alwyn@radiosuidafrika.co.za

 
 
 

Comments


DESIGNED BY

Untitled-1.png
bottom of page